Geslaagde humanitêre missie na Dakar, Senegal

Dr Gopal (regs) en prof. Adama Kane, by ‘n 14-jarige pasiënt in die eenvoudige herstelkamer ná ‘n prosedure.

6 April 2018. – Dr Razeen Gopal het pas teruggekeer van ‘n geslaagde humanitêre missie na Dakar Senegal, waar hy binne vier dae ablasie-prosedures op 18 pasiënte met lewensgevaarlike hartritme-defekte, uitgevoer het.

Dr. Gopal het op versoek van prof. Adama Kane, kardioloog van die Institiuut vir Kardiologiese Intervensies in Dakar  gaan help om dié pasiënte te help. Al die pasiënte was jonger as 30 jaar.

Prof. Kane werk in ‘n hospitaal wat soos in ‘n ouerige huis lyk, in ‘n teater met toerusting wat ouer as 10 jaar is. Prof. Adama het opleiding in Frankryk ontvang en ook opleiding in prosedures om basiese hartritme-defekte te behandel, in Kaapstad onder dr. Gopal ondergaan het. Deel van die doel van die missie, was om Prof. Adama te help om self van die hartritme-defekte te kan herstel.

Dr. Gopal is vergesel deur Ryan Leon, kliniese tegnoloog in kardiologie/elektrofisiologie. Die twee het die eerste dag ná hul aankoms bestee om die beskikbare toerusting te herstel en so veilig moontlik te maak vir die pasiënte. Daarna het hulle 18 pasiënte met lewensbedreigende Wolff-Parkinson-White hartritme-defek, gehelp, deur die bron van die addisionele elektriese stroombaan in die hart, te inaktiveer deur radiofrekwensie (termiese of hitte-) ablasie.

Twee van die pasiënte se addisionele elektriese stroombane was op té gevaarlike plekke in die hart gelëe om met die ou toerusting te behandel, en sal nou op Dr. Gopal se versoek na Kaapstad kom sodat hy die prosedures hier kan doen.

Hier is ‘n video van die gebeure wat deur die Franssprekende televisiekanaal in Dakar gemaak is:



WOLFF-PARKSINSON-WHITE is ‘n arritmie wat veroorsaak word deur ‘n abnormale brug van elektriese weefsel wat die artria en ventrikels verbind. Hierdie ekstra elektriese stroombaan laat toe dat elektriese seine heen en weer tussen die boonste en onderste hartkamer kan hardloop sonder dat dit deur die AV-node gelei word. Die gevolg is ‘n baie vinnige hartklop wat lewensgevaarlik kan wees.

(Lees meer hartritme-defekte in die boekie inEngels  en in Afrikaans.

Die missie is verder moontlik gemaak deur verskaffers van toerusting, soos Medtronic, Boston Scientific en andere, wat die prosedures moontlik gemaak het.

Dr Gopal en prof. Kane.
In die teater.
Die span wat saam met Dr. Gopal gewerk het en wat ook opleiding on sy toesig ondergaan het, voor die Instituut vir Kardiologie-intervensies in Dakar. Die Instituut lyk inderwaarheid soos ‘n groot ou huis en die kardioloog probeer met min toerusting ‘n goeie diens aan die pasiënte lewer.
Kliniese elektrofisiologie-tegnoloog Ryan Leon maak sy kollegas in Dakar touwys.
Dr. Gopal is met ope arms ontvang.
Die hospitaal.
Dr Gopal en prof. Kane in die teater.
Prof. Adama Kane besig met ‘n prosedure onder die wakende oog van Dr. Gopal.
Dr Gopal (heel regs) voer die ablasie-prosedures uit in ‘n karig-toegeruste teater. Die tegnoloë sit in die hoek links voor in die teater.
Die herstelkamer is karig.
Dr. Gopal, Ryan Leon en Malika Sydow van Medtronic.
Om die draai van die hospitaal.

Related Content

Geslaagde humanitêre missie na Dakar, Senegal

6 April 2018. – Dr Razeen Gopal het pas teruggekeer van ‘n geslaagde humanitêre missie na Dakar Senegal, waar hy binne vier dae ablasie-prosedures op 18 pasiënte met lewensgevaarlike hartritme-defekte,

300th Cryoballoon ablation at our unit

The Cape Town AF Centre in Cape Town established itself as the leader in the field of cryo-balloon ablation therapy for atrial fibrillation in the Middle East/Africa region when Dr

Share This Page: