Hartversaking beteken letterlik dat jou hart versaak en nie voldoende bloed uit jou hart pomp sodat jou liggaam en brein goed kan funksioneer nie.
Hartversaking is ‘n kliniese sindroom met die hoofsimptoom kortasemheid en aktiwiteit-inkorting.
Luister hier na deel 1 van die program:
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-27-augustus-2025
Dr Sumanth Karamchand verduidelik hoe hartversaking werk. Hy gesels in Engels.
‘n Gesonde en sterk hart pomp sowat 60 tot 65% van die bloed met elke sametrekking/pompslag/klopslag uit jou linkerventrikel na jou liggaam en jou brein sodat al jou organe en weefsel voldoende suurstof kry.
Maar ‘n hart in versaking funksioneer nie optimaal nie.
Daar is twee hoofsoorte hartversaking, verduidelik dr Sumanth Karamchand van die Cape Town AF Center in Panorama Mediclinic.
1. As jou hart minder as 50% van die bloed uit jou linkerventrikel pomp, word dit hartversaking met ‘n verminderde uitwerpingsfraksie genoem. Die brein en res van die liggaam kry dan minder suurstof.
2. Dan is daar ‘n tweede hoofgroep waar die hart steeds 60 tot 65% bloed uitpomp, maar die hartspier is hard, en dik en styf. Dit is hartversaking met ‘n normale uitwerpingsfraksie. Maar omdat die hart styf is, verplaas dit sy drukking na die longe. Die hoofsimptoom is dan kortasemheid en hulle het nie meer genoeg asem om die aktiwiteite te doen wat hulle voorheen kon doen nie.
Ons kyk ook na Pulmonale Hipertensie.
Hartversaking deel 2
Hoekom en hoe bou vog in die longe op met hartversaking?
Hoe kan ‘n middel soos Ozempic help in die behandeling van hartversaking?
Hoe klink hartversaking?
In die tweede program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-3-september-2025
Hartversaking deel 3
Watter soort pasaangeër is die beste vir watter pasiënt? Wat is die verband tussen goeie mondgesondheid en hartprobleme? In die derde en laaste program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.
https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-10-september-2025